PUBLIKASIES TANS BESKIKBAAR


tydbom (2019)

Francois se vyfde digbundel, tydbom, sien die lig met krag, emosie en insig en toon dit die duidelike groei wat hy as digter/skrywer ondergaan het. 'n Pad word gestap deur liefde soos dit in al die verskillende fasette vasgevang word.  

Deurlopend is daar soveel deernis, emosie en sensitiwiteit en is die gedigte met keurige woordkeuse en taal tot beeld geruk. Liefde word soms tot op die been gesny en gekloof deur sy unieke beeldspraak en woordkeuses. 

Francois se onkonvensionele styl word weereens duidelik getoon en verstom hy met sy diepte. Liefde word in tydbom in sy volle naaktheid uitgebeeld. 

Prys: R140 (versending uitgesluit)


The world through her eyes (2018 version)

"The world through her eyes by Francois Meyer is a recital of the lupus fighter's reality. The  exposition of the physiological and sociological factors are remarkable, but the chapters which make this book all the more striking, are the psychological and mental factors which emphasize the hopeful healing of the mind and soul." ~ Dr JD Bester

This version includes:

• Mixed connective tissue diseases
• Updated advice
• A handful of new chapters
Purple Mustard seed, a testimony
• Prose from the previous version

Price: R80 (shipping excluded)


Die wêreld deur haar oë (2018-weergawe)

"Die wêreld deur haar oë deur Francois Meyer is 'n résumé van lupusvegters se realiteit. Die uiteensetting van fisiologiese en sosiologiese faktore is merkwaardig, maar die vertakkings wat hierdie boek des te meer treffend maak, is die sielkundige en geestelike faktore wat die hoopvolle genesing van die gees en siel beklemtoon."
 ~ Dr. JD Bester

Hierdie weergawe sluit in:

• Gemengde bindweefselsiektes
• Opgedateerde advies
• ’n Handvol nuwe hoofstukke
Pers Mosterdsaad, ‘n ware verhaal
• Prosa vanuit die vorige weergawe

Prys: R80 (versending uitgesluit)


Pendulum (2017)

In Pendulum keer Francois terug na sy wortels as vrygees digter en bied sy nuutste digkuns weereens op ‘n unieke manier aan. Met 'Tyd' as hooftema, skep hy ‘n grenslose en verstommende kreatiewe boodskap deur die algehele uiteensetting van hierdie digbundel. Pendulum is die perfekte metafoor van die lewe; waar alles nie altyd is soos wat dit dalk mag voorkom nie. Illustrasies deur Magda Labuschagne laat elke gedig voor die leser lewend word.

Prys: R100 (versending uitgesluit)


Digtershart Drie-Kuns (2017)

Digtershart Drie-Kuns is ‘n volledige omnibus van Francois se eerste drie digbundels (Tempora Animus, Onder die Dekmantel en Digtershartvrygestel nadat vele oplae van hierdie bundels reeds uitverkoop het en ‘n groot aanvraag daarvoor ontstaan het. Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid van hierdie versamelstuk vrygestel. 

Prys: R200 (versending uitgesluit)

AANLYN BESTELVORM

Terme & Voorwaardes

Bestelling(s) is slegs geldig indien 'n bewys van betaling aan info@francoismeyer.co.za gestuur is.
Bankbesonderhede: FT Meyer, Capitec Spaarrekening: 1305 862 862, Takkode: 470 010

Versendings geskied binne 24-48 uur vandat bestelling(s) en bewys van betaling ontvang is.

'n Spoornommer sal aan die e-posadres (soos verskaf) gestuur word.

Die bedrag vir die versendingsopsie van jou keuse moet saam met jou bestelling betaal word.

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting verskaf nie. Maak dus seker dat jy die korrekte residensiële adres ingevul het.