Welkom op Francois Meyer se webwerf! Francois is 'n jong skrywer, digter en dromer. 

lewenslyn van 'n digter

gedagtes giet oor gisterverdriet
storms stol my verse vol
en bly blink in die ink
wat in strofes weerkaats

soms word lief en leed weggesteek
in die DNS-koorde
van ‘n stil(woord)geboorte

die druppels spreek
van ‘n duisendmaal se vergeef
om oor en oor my wese
in ars poetica te kerf

maar ék
ek bly net ‘n ballade
op ‘n imperfekte lewenslyn
in lettergrepe g e t r e k

© Francois Meyer

 

Besoek Francois se boekwinkel vir publikasies wat tot en met 25% afgemerk is!

Bloginskrywings: lees Francois se jongste blogs.

Wees eerste om die nuus te hoor! Klik hier om te registreer vir Francois se gratis nuusbrief.